“Meditasie” is die aktiewe fokus op kalm helderheid.
‘n Paar oomblikke van dankbaarheid skei hormone af in jou brein wat lei tot gesondheid. Dit verlig depressie en verwyder angstigheid.
Teken asseblief in (“Subscribe”) op ons Meditasie Nasie kanaal op YouTube. Ons waardeer elke intekening per elke mooi mens op ‘n slag!
Dankbaarheid lei tot 'n gesonde gemoedstoestand
Meditasie Gebed vir nou en altyd ~ In Afrikaans.
Daar is 86 Duisend 400 sekondes in ‘n dag. Hoeveel daarvan spandeer jy op dankbaarheid?
Volhou die gevoel van Dankbaarheid vir ‘n paar minute en dit lig jou gedagtes en gevoelens op na alles wat op jou doodsbed belangrik sal lyk. Geen politikus of virus of situasie sal in jou belanrikste oomblikke op aarde, ‘n sekonde se tyd verdien nie. Jy sal outomaties fokus op al die Liefde, Genade, Omgee en al die Goeie dinge, mense en ervarings in jou lewe.
Die gevoel van Dankbaarheid skei hormone in jou brein af wat lei tot ‘n positiwiteit waar geluk, gesondheid, vrolikheid, kreatiwiteit, welsyn en ‘n gesonde gemoedstoestand kan groei en floreer.
Kom ons vergeet vir ‘n paar oomblikke van alles wat in die wereld aangaan en se net Dankie vir alles wat dilwels daagliks ongesiens en onbewus verbygaan.
Indien moontlik, maak asseblief jou oe toe. As jy luister terwyl jy iets doen soos motor bestuur, huis skoonmaak, kosmaak of skottelgoed was, versag net jou uitkyk, en skuif jou fokus na waardering.
Haal asseblief stadig, diep en rustig asem. Probeer om stadig in te asem vir 4 tellings, hou dit in vir 4 tellings, blaas stadig uit oor 4 tellings, hou dit uit vir 4 tellings. Mond of Neus, net wat gemaklik is. Ons gaan nou rustig en dankbaar raak.
Rustige diep asemhaling stuur ‘n sein na jou brein dat alles in orde is vir nou, die brein kan ophou rondfladder, op soek na oplossings en uitkomste en totaal ontspan en al die beskikbare energie gebruik vir gesond word en ‘n gesonde gemoedstoestand.
As ‘n frase skeef gaan sit op jou krop, laat dit net verbygaan, haal net diep en stadig asem, en luister na die volgende frase.
Dankie
___________________________
Dankie vir die son
Dankie vir die dagbreek
Dankie vir nagrus
Dankie vir gesondheid
Dankie vir positiewe energie
Dankie vir soveel Seeninge
Dankie vir die vermoe om dankie te se
Dankie vir die vermoe om te dink
Dankie vir lekker lag
Dankie vir die wolke
Dankie vir die wind
Dankie vir vars groente
Dankie vir blomme
Dankie vir bome
Dankie vir plante
Dankie vir diere
Dankie vir inspirasie
Dankie vir my hart wat voortpomp en suurstof en energie aan my selle voorsien
Dankie vir my gesonde limfstelsel
Dankie vir my longe
Dankie vir my vermoe om emosies te kies
Dankie vir my behoefte om die lewe met Liefde te dien
Dankie vir die bloed in my are
Dankie vir my slim lyf wat voortleef
Dankie vir al my liggaam se gesonde sisteme
Dankie vir my voete
Dankie vir my hande
Dankie vir my oe
Dankie vir my neus
Dankie vir my mond
Dankie vir my lippe
Dankie vir my vel wat asemhaal en my bykaarhou
Dankie vir my gesonde brein
Dankie vir my liefdevolle gedagtes
Dankie vir my positiewe ingesteldheid
Dankie vir almal wat vir my lief is
Dankie vir kreatiwiteit
Dankie vir seep
Dankie vir water
Dankie vir welsyn
Dankie vir my welstand
Dankie vir hierdie oomblik van rustigheid
Dankie vir kinders
Dankie vir ouers
Dankie vir winkels
Dankie boere
Dankie vir werkers
Dankie vir die lewe
Dankie vir humorsin
Dankie vir drome
Dankie vir boeke
Dankie vir my sagte siel
Dankie vir prettigheid
Dankie vir grappies
Dankie vir berge
Dankie vir vlaktes
Dankie vir reen
Dankie
Dankie vir die son ………..
Gaan nou voort en wees dankbaar vir alles waarop jy jou oe kan le. Jy en die lewe het mekaar liewer as wat jy dalk van bewus is.
Haal altyd diep en rustig asem – heeltyd, en veral wanneer omstandighede moeiliker is.
En onthou… Gesonde Gedagtes, Gesonde Lewe.